Mkhize-skandaal niks met politiek uit te waai nie

Die buurland se minister van gesondheid, Zweli Mkhize, ontken ten sterkste dat Digital Vibes se kontrak van 150 miljoen Suid-Afrikaanse rand met ANC-politiek of die party se presidensiële wedloop volgende jaar verband hou. Media het die naweek berig dat Mkhize aan streekleiers sou gesê het die ondersoek is ‘n poging om hom uit die wedloop om die party se presidentskap te hou. Die ministerie sê die minister het die direkteur-generaal opdrag gegee om ‘n onafhanklike ondersoek na die kontrak te doen en daarom is dit agterbaks om die kwessie met enige politieke teenstand te verbind.