Aansoeke oop vir Nasionale Jeugdiens


Die Nasionale Jeugdiens het sy 14de inname vir nasionale diens-opleiding vir jeug tussen die ouderdom van 16 en 35 jaar oud aangekondig. Die Nasionale Jeugdiens is ‘n jeug-ontwikkelings-inisiatief om opleiding aan werklose jeug te bied. Die opleiding sal by die Hentiesbaai-opleidingsentrum vir ses maande geskied. Die sluitingsdatum vir aansoeke is 24 Maart. Kosmos 94.1 Nuus het met die jeugminister Agnes Tjongarero gepraat…