DA vra optrede van SAPD teen Nehawu

Die DA doen ‘n beroep op die Suid-Afrikaanse Polisiediens om dringend in te tree en te verhoed dat enige lid van die Nehawu-vakbond hospitaal- of kliniek-bedrywighede belemmer. Dit volg nadat die Arbeids-Appèlhof vir Nehawu verbied het om met hul staking voort te gaan. Andrew Whitfield van die party het alle vorme van geweld en intimidasie teenoor pasiënte en personeel veroordeel, aangesien die voortgesette staking meer sterftes van onskuldige mense tot gevolg kan hê.