Fly Etosha sal groot verligting bied vir werklose rederypersoneel

Die voormalige werknemers van Air Namibia is steeds werkloos. Die groep, wat onlangs opgeruk het na die bankrot redery se hoofkantoor om hul laaste uitbetalings te eis. Intussen het die groep die nuus oor ‘n moontlike nuwe redery, Fly Etosha Airways verwelkom. Die redery word deur die toerismeministerie ondersteun. Renier Bougaard, woordvoerder van die Air Namibia werkers sê dit is baie moeilik om werk te bekom as ‘n persoon jarelank in ‘n gespesialiseerde sektor werk. Hy sê daar is hoop dat die redery op die been gebring word.