Goedkeuring van Distell-Heineken-ooreenkoms tot Namibiese voordeel – Thieme

Die voorsitter van die Ohlthaver en List-groep Sven Thieme het sy reaksie gegee op die Mededingingstribunaal in die buurland wat die transaksie tussen Namibia Breweries Limited, Heineken en Distell goedgekeur het. Distell sê dit is beslis ‘n verklaring van vertroue in die langtermyn-vooruitsigte vir Suid-Afrika en Namibië. Die Namibiese Mededigingings-kommissie het al reeds die transaksie met sekere voorwaardes goedgekeur. Dit is op hierdie punt dat die integrasie-proses van die drie maatskappye begin. Thieme sê aan Kosmos 94.1 Nuus dit sal tot voordeel van Namibië wees.