Iran en Saoedi herstel verhoudings

Iran en Saoedi-Arabië het ingestem om verhoudings te herstel na jare van vyandigheid wat die bestendigheid en sekerheid in die Golf bedreig het en gehelp het om vyandighede aan te blaas in die Midde-Ooste, van Jemen tot Sirië. Daar word berig die ooreenkoms is aangekondig na vier dae se onderhadelings in Beijing wat nie voorheen bekend gemaak is nie, tussen top-sekerheidsamptenare van die twee Midde-Oosterse magte. ‘n Verklaring wat uitgereik is deur Iran, Saoedi-Arabië en China, sê Iran en Saoedi-Arabië het ingestem om diplomatieke verhoudinge te hervat en binne twee maande ambassades te heropen. Saoedi-Arabië het in 2016 sy bande met Iran verbreek.