Heldhaftige Bavuma red die Proteas

Suid-Afrika sal sy tweede beurt hervat op 287 vir sewe, ‘n voorsprong van 356 lopies, op die voorlaaste oggend van die tweede toets teen die Windies op die Wanderers in Johannesburg. Kaptein Temba Bavuma het gister sy span gered met sy tweede toetshonderdtal. Hy het opgestap met die Proteas diep in die moeilikheid op agt vir twee, en toe bygedra tot stewige vennootskappe saam met Heinrich Klaasen, Wiaan Mulder en Simon Harmer. Bavuma is onoorwonne op 171.