Voorstelle van Energie-indaba moet spoedig geïmplementeer word

Oproepe is gedoen vir die spoedige implementering van voorstelle wat op die Afrika Energie-indaba gedoen is. Tydens die driedaagse geleentheid het energiekenners regerings aangemoedig om alle paaie te verken om oplossings vir die kragkrisis te vind. Die afgevaardigdes sê oplossings is beskikbaar, maar beklemtoon befondsing sal deurslaggewend wees. Agt lande, wat Namibië insluit, het aan die 2023 Afrika Energie-indaba deelgeneem met baie wat die gebruik van steenkool saam met ander skoner alternatiewe energie ondersteun.