Geweld teen gesondheidswerkers veroordeel

Die Raad vir Gesondheidsberoepe in die buurland het die onlangse dade van geweld en intimidasie teen gesondheidswerkers veroordeel. Die raad sê die publiek het die reg tot toegang tot gesondheidsorg-geriewe as ‘n basiese mensereg. Die raad se president, Professor Simon Nemutandani, doen ‘n beroep op stakende Nehawu-werkers om selfbeheersing te beoefen en binne die grense van die wet op te tree wanneer hulle hul griewe opper.