LPO doen weer opname oor kudde-getalle

Drie jaar gelede het die Lewendehawe Produsente-rganisasie, of te wel die LPO, as deel van die Namibië Landbou-unie is, ’n hoogs suksesvolle opname onder sy lede gedoen om vas te stel hoe kudde-getalle in titel-akte areas afgeneem het gedurende die laaste verwoestende droogte. Volgens die LPO het hierdie droogte vir bykans agt jaar geduur en kudde-getalle van skape, bokke en beeste het met bykans 50 persent gedaal. Die LPO wil hierdie maand weer ’n soortgelyke opname doen om vas te stel hoe kuddes sedert 2019 herstel het. Akkurate inligting oor tendense van Namibië se nasionale kudde bestaan nie. Die vraelys se sperdatum is einde Maart 2023.