Duitse polisie fynkam skiettoneel in Hamburg

Die polisie en forensiese kenners fynkam steeds die toneel in Hamburg waar ‘n man op kerkgangers van Jehova se Getuies losgebrand het. Minstens sewe mense is dood en tientalle beseer ná ‘n skietvoorval by ‘n saal van die Jehova-getuies in die Duitse stad. Die polisie sê die gewapende man is onder die wat dood is, maar hulle is besig om seker te maak geen ander oortreders was betrokke nie. Die slagoffers sluit vier mans, twee vroue en ‘n ongebore baba in. Die polisie het gesê die ma het oorleef. Die motief vir die aanval is op hierdie stadium nie bekend nie.