Februarie was ‘n uiters droë maand vir Namibië

Regdeur die land is ‘n algemene afname van reënval ervaar, volgens die reënbulletin van Februarie. Baie min tot geen reën is waargeneem in die streke van die Kunene, Omusati, Oshana, Ohangwena, Oshikoto, Khomas, Omaheke, Erongo, Hardap en Karas. Die meeste weerstasies in hierdie streke het ‘n totale reënval tussen nul en 20 millimeter waargeneem, wat aansienlik minder is as die Februarie-langtermyn-gemiddelde. Hierdie droë tydperk van drie tot vier weke kan uiteindelike lei tot mis-oeste, aangesien boere geen moontlikheid het om te herplant nie. Hoë reënval is slegs oor dele in Otjozondjupa, Kavango-Wes en -Oos en die Zambezi waargeneem. Die meeste dele van die land het onder-gemiddelde reën gehad.