Voorwaardes geld vir transaksie tussen NBL, Heineken en Distell

Die Namibiese Mededingings-kommissie het sy reaksie gegee op die Mededingingstribunaal in die buurland wat die transaksie tussen Namibia Breweries Limited, Heineken en Distell goedgekeur het. Distell sê dit is beslis ‘n verklaring van vertroue in die langtermyn-vooruitsigte vir Suid-Afrika en Namibië. Dit is op hierdie punt dat die integrasie-proses van die drie maatskappye begin. Die transaksie is al voorwaardelik deur die Namibiese Mededingingskommissie goedgekeur, maar met sekere voorwaardes, sê die woordvoerder Dina //Gowases aan Kosmos 94.1 Nuus.