Integrasie-proses van NBL, Heineken en Distell begin nou

Die Mededingingstribunaal in die buurland het die transaksie tussen Namibia Breweries Limited, Heineken en Distell goedgekeur. Distell sê dit is beslis ‘n verklaring van vertroue in die langtermyn-vooruitsigte vir Suid-Afrika en Namibië. Die transaksie is al voorwaardelik deur die Namibiese Mededingingskommissie goedgekeur, maar daar is nog ‘n paar stappe om deur te gaan voor dit uiteindelik geïmplementeer is. Distell-aandeelhouers sal ‘n geleentheid kry om te besluit of hulle hul aandele wil oordra of uitbetaal. Sodra hierdie stappe suksesvol voltooi is, kan die transaksie beklink word wat daartoe lei dat Heineken, Distell en NBL een regs-entitieit is. Dit is op hierdie punt dat die integrasie-proses van die drie maatskappye begin.