Uutoni moet nog beslis wie is Ovaherero-opperhoof  

Die Ovaherero Tradisionele Owerheid en die Ovaherero-sprekende gemeenskap wag steeds op die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, Erastus Uutoni om aan te kondig wie as die Ovaherero opperhoof erken moet word met professor Mutjinde Katjiua en dr. Hoze Riruako wat albei meeding vir die top-leierskapsposisie in die owerheid. Uazuva Kaumbi, die woordvoerder van die opperhoof, praat met Kosmos 94.1 Nuus oor die jongste.