Meer Suid-Afrikaners pak hul tasse vir oorsee

Meer Suid-Afrikaanse jongmense, met skaars en gesogte vaardighede, is besig om hul tasse te pak en die land vir groener weivelde, beter werksgeleenthede en groter salarisse te verlaat. Volgens navorsing deur die indiensnemings-firma, PayRoll, verlaat daar tans groot getalle ervare en opgeleide werknemers die land, met veral jong volwassenes wat nou hul salarisse van oorsese firmas trek. Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in Kaapstad, Fritz Platt…