Bruce Willis se laaste rolprent einde Maart in teaters

Die Suid-Afrikaanse aktrise, Nomzamo Mbatha, het die vrystellingdatum van haar jongste Hollywood-projek, Assassin, bevestig. Die aktrise van Coming 2 America verskyn saam met Bruce Willis en Dominic Purcell, in Assassin, wat aan die einde van die maand uitgereik word. Jesse Atlas is die regisseur van die wraakriller en handel oor ‘n man wat tydens ‘n eksperimentele militêre program sterf. Assassin is Willis se laaste rolprent. Dimensie is onlangs by hom gediagnoseer.