Banke bring 50 verstekvonnisse in mosiehof

Kommersiële banke het byna die helfte van die aansoeke om verstekvonnisse vanoggend in die mosiehof gebring. Regters Collins Parker en Eileen Rakow het 111 aansoeke hanteer met 50 wat deur die banke gebring is. Daar was vyf reël 108-aansoeke op die rol. Daar is 17 eiendomslenings ter waarde van 6,96 miljoen Namibiese dollar wat nou betaalbaar is, met 28 lenings waarop 6,65 miljoen dollar geskuld word. Vyf voertuie moet ook terugbesorg word. In Maandag se sessie sal regter Hannelie Prinsloo 22 onverdedigde egskeidings hanteer.