Familie staan borgtog teen Lucia Boois teen

Die familie van ‘n eenjarige baba wat na bewering deur sy eie ma vermoor is, het vandag by die Keetmanshoop-landdroshof ‘n petisie teen die beskuldigde se borgtog ingedien. Die ma, Lucia Boois, wat ook ‘n voormalige polisiebeampte is, moet in die landdroshof op aanklag van moord verskyn. Die oorledene se tannie, Dessery Hammerslag, het saam met die Jeugkommando van die LPM, die petisie aan die beheer-aanklaer, Lewis Chigunwe, oorhandig. Boois het na bewering haar seuntjie in ‘n vlak graf by die plaas Bucholzbrunn naby Bethanie begrawe. Volgens die Namibiese polisie is die baba dood weens veelvuldige steekwonde.