Tshwane-opposisiekoalisie dien klagte burgemeester in

Die opposisiekoalisie in die Tshwane-metro beplan om vanmiddag strafregtelike klagte teen die burgemeester, Murunwa Makwarela, in te dien. Dit volg nadat die hooggeregshof in Pretoria bevestig het hy het nooit ‘n rehabilitasie-bevel vir hom uitgereik nie. Die hof betwis die geldigheid van die klaringsertifikaat wat hy Donderdag aan die stadsbestuurder, Johann Mettler, verskaf het wat toon dat hy nie meer insolvent is nie. Dit het tot sy heraanstelling gelei. Die koalisie se woordvoerder, Corné Mulder, sê hulle glo Makwarela se brief is bedrieglik.