Wes-Kapenaars moet minder krag gebruik, wil weg van Eskom

Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, het weer bevestig die provinsie moet aangemoedig word om energieverbruik te verminder. Die premier sê die 19 projekte plan sluit die ontwikkeling van netwerke, nuwe energie-opwekking en aanvraagbestuur in. Winde sê die provinsie is vol vertroue dat hy die aggressiewe energieteikens wat gestel is, binne die volgende paar jaar sal bereik. Die provinsie wil sy afhanklikheid van Eskom teen 2025 tot ongeveer 750 megawatt verminder, met ‘n langtermyn-teiken van 5 700 megawatt. Projekte sluit in die instel van ‘n beurtkrag-verligtingsprogram gemik op lae-inkomste huishoudings.