Geingob is uit voeling, wil staatdiens maar nie sy kabinet besnoei nie

Die woordvoerder van die Independent Patriots of Change Imms Nashinge, het sy skok uitgespreek oor aanmerkings deur President Hage Geingob dat die staatsdiens gesny moet word. In sy mening, is Geingob se kabinet is te groot met te veel luukse poste met voordele. Hy sê ook daar is wanbestuur met byvoorbeeld die nou-bankrot SME Bank en mense verloor steeds werk. Volgens Nashinge is Geingob uit voeling met die realiteit op die grond.