Hernubare energie, vroue-arbeid by VSA-ambassade in hoofstad

Meer as 900 sonpanele ter waarde van ongeveer 7,5 miljoen Namibiese dollar is geïnstalleer om die energie-behoeftes van die nuwe Amerikaanse ambassade-kompleks in Windhoek te ondersteun. Die Amerikaanse boukontrakteur B.L. Harbert International het ander inisiatiewe vir omgewings-volhoubaarheid geïmplementeer, soos die aanplant van meer as 4 000 inheemse plante wat geen besproeiing benodig nie. Die konstruksiemaatskappy het ook ‘n middagete-skenkingsprojek gehou, wat meer as 350 000 maaltye aan skoolgaande kinders verskaf het. Die Amerikaanse regering het ongeveer 310 miljoen Namibiese dollar in die Namibiese ekonomie belê met die bou van hul ambassade-kompleks in Klein-Windhoek. Meer as 2 000 Namibiërs is in diens van die bouprojek, waarvan 130 vroue is.