NLU sê kopers van stoetdiere moet verifieer oor registrasie

Die Namibiese Landbou-unie sê dit is onder die Vleisraad se aandag gebring dat stoettelers wat gederegistreer is, voortgaan om hul diere as stoetdiere te verkoop en te brandmerk. Volgens die unie, brandmerk sommige stoettelers ook onwettig hul hele kudde as ‘n stoetery, in plaas daarvan om slegs die kommersiële diere met die kommersiële handelsmerk te brandmerk. Gevolglik word diere as stoetery verkoop, maar is nie as sodanig geregistreer nie. Die NLU sê dit is die verantwoordelikheid van die koper, wat stoetdiere óf uit die hand óf op veilings wil koop, om vooraf by die Stoettelersvereniging  navraag te doen of die spesifieke diere en telers wel geregistreer is.