Grossi spreek groot kommer uit oor Zaporizhzhia

Die Verenigde Nasies se Internasionale Atoomenergie-agentskap het gewaarsku die kragverlies by die Zaporizhzhia-kernkragaanleg in Oekraïne moet mense bedag maak op die lewensgevaarlike situasie op die perseel en die omliggende gebied. Die kragtoevoer na die aanleg is onderbreek weens Russiese missielaanvalle waarin minstens nege mense dood is. Die hoof van die VN se kernkragwaghond, Rafael Grossi, het aan die agentskap se direkteure gesê dringende optrede is nodig om die perseel se veiligheid en sekuriteit te beskerm.  Zaporizhzhia is die grootste kernkragstasie in Europa.