Belangrike dag vir Proteas op Wanderers

Die Proteas het hul tweede beurt op die derde dag van die tweede toets teen die Wes-Indiese Eilande vanoggend op die Wanderers met vier sonder verlies hervat, vir ‘n voorsprong van 73 lopies. Die Windies is gister almal uitgehaal vir 151 lopies in antwoord op die Proteas se 320, met Jason Holder nie uit nie op 81, terwyl die snelbouler Gerald Coetzee drie paaltjies geneem het. Coetzee sê die Wanderers se blad laat sowel kolwers as boulers toe om hul beste te lewer: