Ramokgopa moet fyn dopgehou word

Die buurland se sakeorganisasie Sakeliga sê die pasaangestelde minister van elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, moet met groot omsigtigheid dopgehou word. Die organisasie en ander het tussen 2014 en 2017 uitgerekte hofsake teen die Tshwane-munisipaliteit onder Ramokgopa se burgemeesterskap gevoer. ‘n Woordvoerder van Sakeliga, Piet le Roux, sê dit het verband gehou met miljarde rand se verliese weens onwettige tenders vir slim elektrisiteitsmeters: