Xi kry eenparige nuwe vyfjaar-termyn

Chinese wetgewers het eenparig besluit dat Xi Jinping ‘n derde vyfjaar-termyn as president mag dien, wat hom die langsdienende staatshoof maak sedert Kommunistiese China in 1949 tot stand gekom het. Sy heraanstelling word as ‘n blote formaliteit gesien nadat die 69-jarige in Oktober verlede jaar vir ‘n derde termyn as hoof van die Chinese Kommunistiese Party aangewys is. In China is die presidentskap hoofsaaklik ‘n seremoniële titel omdat die ware mag in die hoofposisies van die party en die weermag gesetel is.