Geen teikendatum vir beëindiging van beurtkrag nie

Dit wil voorkom asof beurtkrag, wat Suid-Afrika se ekonomie op sy knieë dwing, nog lank deel van die buurland se daaglikse realiteit sal wees. Die pasaangestelde Suid-Afrikaanse minister van elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, sê dit sal hoogs onverantwoordelik van hom wees om ‘n spesifieke datum te gee waarop beurtkrag beïndig sal word. Die buurland het verlede jaar meer as 200 dae van beurtkrag beleef. Die minister sê die regering reken daar moet net op die beëindiging van beurtkrag gefokus word, sonder om ‘n teikendatum daar te stel: