Wie moet Von Francois vervang?

Na die verwydering van die Curt von Francois-standbeeld voor die munisipale kantoor van Stad Windhoek, is ‘n beroep op inwoners gedoen om aanbevelings in te dien van wat op die terrein opgerig moet word. Die Curt von Francois-standbeeld is in 1965 buite die Windhoekse munisipaliteit in die ou Kaiserstraat, nou Onafhanlikheidsrylaan, die hoofstraat van die hoofstad, opgerig. Die omstrede standbeeld is einde verlede jaar verwyder. Die sperdatum vir indiening van aanbevelings is 15 April, sê Lydia Amutenya, woordvoerder van die stad.