Trump publiseer briewe in nuwe boek volgende week

In ‘n nuwe boek wat na verwagting volgende week uitgereik word, gaan oudpresident Donald Trump van Amerika ‘n versameling van 150 privaat briewe wat aan hom geskryf is, onthul. Letters to Trump sal briewe bevat wat individue soos die Noord-Koreaanse leier Kim Jong-un, Hillary Clinton, Richard Nixon, prinses Diana en Oprah Winfrey oor ‘n tydperk van meer as 40 jaar geskryf het. Elke brief in die boek wat die voormalige president met die hand uitgesoek het, het ook kommentaar by wat Trump geskryf het.