Padveiligheid weer onder die loep met die komende langnaweek

Met Namibië se 33ste onafhanklikheidsherdenking wat by Outapi in die Omusati-streek op 21 Maart gevier sal word, sal Namibiërs na die Noorde reis om die dag te herdenk. Op vakansiedae en tydens hierdie soort geleenthede is paaie besiger is as normale dae. Dit is ook ‘n groter risiko vir padongelukke. Aubrey Oosthuizen van die West Coast Safety Initiative sê moet padgebruikers verantwoordelik begin optree.