Swakopmund begroot N$2,5 miljoen vir kragverbindings

Die Swakopmund-munisipaliteit het die begroting van 2,5 miljoen Namibiese dollar goedgekeur vir die verskaffing van elektrisiteits-verbindings vir die DRC informele nedersettings-projek, wat in fases uitgevoer sal word. Dié nedersetting het 850 erwe, met die meerderheid van die huise wat uit informele wonings en strukture bestaan. Hierdie inwoners moet ook eienaarskap-sertifikate van die munisipaliteit ontvang. Die munisipaliteit se skakelbeampte, Linda Mupupa, het gesê sal die begunstigdes twee opsies kry om hul bydrae tot die elektrisiteits-aansluitings te maak. Hulle kan eenmalig 2 500 Namibiese dollar ten volle te betaal, of dit in paaiemente afbetaal.