Ramaphosa sê gryslys-kwessie kry aandag

President Cyril Ramaphosa sê verbeterde bestuur sal help om verskeie lande, insluitende Suid-Afrika, van verhoogde monetêre strafbepalings vry te stel. Hy het vrae in die Nasionale Vergadering beantwoord. Die nasionale woordvoerder van die Inkatha Vryheidsparty, Mkhuleko Hlengwa, het sy kommer oor Suid-Afrika se posisie op die gryslys geopper. Ramaphosa sê die Brics-lande sal daaraan werk om bystand te verleen aan verskeie lande in Afrika wat op die gryslys is, insluitende Suid-Soedan, Uganda, Tanzanië en Nigerië.