Vermeende veediewe op Hochfeld-pad vasgetrek

Vermeende veediewe is op die Hochfeld-pad in die Okahandja-distrik vasgetrek. Die veediefstal-eenheid van Okahandja en Onyati het ‘n verdagte bakkie op die pad opgemerk, dit het omgedraai en is agterna gesit. Die voertuig is gestop en die bestuurder is in hegtenis geneem. Vier verdagtes het weggehardloop en die karkasse van drie beeste ter waarde van 60 000 Namibiese dollar is teruggevind. Daar was ook ‘n verdagte wit VW Gholf-voertuig op die pad met twee verdagtes wat  gearresteer is omdat hulle ook vermoedelik betrokke was.