Miljarde plastiekdeeltjies in die see ‘n gevaar vir seevoëls  

ʼn Nuwe ontleding deur ʼn span internasionale navorsers toon tussen 82 000 en 358 000 miljard plastiekdeeltjies dryf oor wêreldwyd in die boonste 30 sentimeter seewater. Volgens die Wêreld Ekonomiese Forum kan produksie teen die jaar 2050 verdriedubbel. Die studie toon dat mikro-plastiek die koolstofsiklus deurmekaar krap aangesien seevoëls plastiek vreet. ʼn Nuwe studie van ʼn ander groep navorsers toon dat voëls met meer stukkies plastiek in hulle ingewande ernstiger weefselskade in hulle pense het.