Kenner maan teen stygende eiendomsbelasting in SA

FNB se strateeg vir die eiendomsektor, John Loos, het gewaarsku teen stygende eiendomsbelasting in die buurland. Sy kommentaar volg nadat Statistieke SA aangekondig het die ekonomie het met 1,3 persent gekrimp. Loos meen daar bestaan ‘n verwagting vir ‘n stadiger kommersiële eiendomsjaar. Hy sê ‘n verhoging in eiendomsbelasting maak tans baie meer saak as ‘n dekade gelede as gevolg van ‘n stadiger ekonomie en eiendom-verhuringsmark. Loos meen dit is nie ‘n goeie tyd vir ‘n eiendomsbelasting-verhoging nie.