Alweendo oorweeg groter GRN-aandeelhouding in mynwese, energie

Die Namibiese minister van myne en energie Tom Alweendo sê die regering oorweeg om sy aandeelhouding in mynwese en die energiesektor te verhoog. Hy het aan plaaslike media gesê sommige menings stel 50 persent aandeelhouding voor. Normaalweg het die regering 10 persent maar 20 persent word ook oorweeg. Daar is volgens hom ‘n risiko daaraan verbonde omdat ‘n hoër aandeelhouding belegging kan belemmer. Hy het bygevoeg dat plaaslike voordele in mynwese en die energiesektor nie noodwendig beteken dat plaaslike mense eksplorasieregte ontvang nie veral omdat hulle nie die kapasiteit het om bronne te ontgin nie.