Polisie wat nie plundery stop nie, kom mag duur te staan

Die polisie se versuim om op te tree teen plundery het hom duur te staan gekom. Regter Orben Sibeya het die ministerie van veiligheid opdrag gegee om amper 700 000 Namibiese dollar aan ‘n sakeman in Keetmanshoop uit te betaal. Jasper Blaauw het die polisie vir skadevergoeding van 699 460 dollar gedagvaar na sy vragmotor op 3 Augustus 2020 tussen Keetmanshoop en Mariental in ‘n ongeluk betrokke was. Hy het beeldmateriaal gehad van hoe die polisie staan en kyk hoe sy vragmotor, wat algemene goedere en vleis vervoer het, geplunder word. Die polisie se verweer was dat hulle nie opgelei was vir die taak nie en ook geen toerusting gehad het om die mense te beheer nie. Teen die tyd wat die spesiale reserwemag opgedaag het was die vragmotor reeds geplunder.