Nehawu se staking veroorsaak chaos

Die Gautengse Departement van Gesondheid het ‘n hofinterdik verkry teen stakende gesondheidswerkers in die staatsdiens. Dit volg nadat die loonverwante betogings van Nehawu bedrywighede by talle groot hospitale ontwrig het. Die departement se woordvoerder, Motalatale Modiba, sê hulle is geen keuse gelaat nie en moes by howe hulp soek omdat die staking ‘n uiters negatiewe impak op pasiënte en personeel het: