Staat is gereed in moordverhoor van Lonmin-werkers

Die staat sê hy is gereed om voort te gaan met die verhoor van die groep Lonmin-werkers wat beskuldig word van die moord op sewe mense in aanloop tot die Marikana-slagting in Noordwes in 2012. Die sewe staan tereg op sewe aanklagte van moord en vier van roof. Die Nasionale Vervolgingsgesag se streekswoordvoerder, Henry Mamothame, sê die verdediging se prokureurs is huiwerig om met die verhoor voort te gaan, omdat hulle wil hê dit moet uitgestel of van die rol geskrap word: