Groot betogings na Griekse treinramp

Duisende werkers in die vervoersektor, studente en onderwysers in Griekeland se betogings teen die ineenstorting van die land se spoornetwerk duur voort. Die betogings het verlede week begin na ‘n dodelike treinongeluk waarin 57 mense dood is. Die betogers eis veiligheids-opgraderings. Die regering het die versekering gegee dat werk gedoen sal word om die spoornetwerk veiliger te maak, maar die beloftes het volgens berigte min gedoen om openbare woede te temper.