So lyk die stand van sake met olifant-konflik

Mens-olifant-konflik is ‘n kwessie regoor Afrika waar die grootvoete voorkom en kan tot sterftes aan beide kante lei, asook olifante wat uit hul gebiede verdryf word. In Namibië is dit ook ‘n groot probleem veral in die noordooste en noordweste met olifante wat gereeld plase en nedersettings besoek op soek na kos en water, waar hulle heinings, damme en watertenke beskadig en landerye verwoes. Dit veroorsaak konflik tussen die olifante en ekonomies kwesbare gemeenskappe. Piet Gouws, ‘n boer in die Kamanjab gebied wat ook gereeld deurloop gesels oor hoe die situasie tans is met die gebrek aan reën in die land.