Staatsamptenare eis verhoging van 8% vanjaar

Die Namibiese Onderwysersunie en die vakbond vir staatsamptenare Napwu het ‘n voorlegging vir salarisverhogings in die huidige en volgende boekjaar by die eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila ingedien. Volgens wat berig word eis hulle ‘n 8 persent verhoging, 20 persent vir behuising vir personeel wat nie in bestuur is nie met 8 persent vir bestuurders. Vervoereise is ook verhoog na 7 Namibiese dollar per kilometer en ’n 20 persent vervoervoordeel vir personeel nie in bestuursposte nie. Vir die volgende boekjaar eis hulle ‘n 10 persent algehele verhoging. In Augustus verlede jaar het die regering geskarrel om ‘n staking af te weer en die meer as 107 000 staatsamptenare ‘n 3 persent verhoging gegee, die eerste in jare. Amper helfte van die begroting gaan aan die regering se salarisstaat. Daar is vroeër die week berig dat President Hage Geingob opdrag gegee het dat die staatsdiens gesny moet word om besteding in te perk.