Otjozondjupa se gewasproduksie nie op standaard nie, reën bly weg

Kommer heers in die Namibiese landbou-sektor oor die reën wat wegbly, veral onder gewasboere wat vrees vir mis-oeste. In die verre Noorde het vloede gewasse verspoel en dan is daar gebiede in die land wat nog geen of min reën ontvang het en droogte in die gesig staar. In die mieliedriehoek sê boere as dit nie binnekort gaan reën nie, is dit neusie verby vir hulle. Die goewerneur van die Otjozondjupa-streek, James Uerikua sê gewasproduksie is nie teen die koers wat verwag is dit sou wees nie, omdat sommige gebiede bogemiddelde reën gekry het en ander onder-gemiddeld.