Onthou, lasbrief-amnestie sluit einde Maart af

Bestuurders met uitstaande boetes en lasbriewe word daaraan herinner dat hulle net tot die einde van die maand het om dit te betaal. Die Namibiese polisie gaan geen genade toon as die amnestie-tydperk vir verkeersoortreders op 31 Maart verval nie. Amnestie aan alle lede van die publiek met hangende verkeers-lasbriewe vir inhegtenisneming om skulderkenningsboetes te betaal, was vir twee maande verleng. Die verkeersdepartement van Nampol se hoofinspekteur Rozario Coetzee het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat…