Aanlyn-veiling vir druiweplaas sluit vandag

Die Cape Orchard Company druiweplaas by Aussenkehr is gelys op ‘n dringende aanlyn-veiling omdat die maatskappy in likwidasie is. Die prys is op 84,85 miljoen Namibiese dollar vasgemaak en die veiling sluit vandag. In September 2021 het Dave Bruni en die Grape Alliance Management-maatskappy wat in likwidasie was, ‘n dringende aansoek in die hoërhof teen Cape Orchard Company en Bank Windhoek gebring om Cape Orchard dringend te laat likwideer. Volgens Bruni, het Grape Alliance Management ‘n eis van meer as 108 miljoen Namibiese dollar teen Cape Orchard vir fondse wat volgens hom onwettig van die maatskappy na Cape Orchard oorgedra is. Daar was nog ‘n eis van meer as 109 miljoen dollar teen Cape Orchard vir verbeterings wat op Cape Orchard se plaas by Aussenkehr gedoen is. Bruni sê Cape Orchard het reeds skriftelik erken dat hy die bedrag aan die maatskappy skuld. Die druiweplaas is 770 hektaar groot en is ontwikkel.