Nehawu-staking plaas pasiënte in gevaar

Die DA sê die nasionale onderwys-, gesondheid- en verwante werkersvakbond, Nehawu, gee blykbaar niks om dat die staking landwyd pasiënte en personeel se lewens in gevaar stel nie. Die voortslepende staking ontwrig steeds dienste by staatshospitale en berigte doen die ronde van geweld, intimidasie en pasiëntesorg wat daaronder ly. Die meeste hospitale wat geraak word, is in Gauteng, die Vrystaat, Oos-Kaap en KwaZulu-Natal. Michele Clarke van die DA sê hulle bring vandag ‘n oorsigbesoek aan die Pelonomi Hospitaal in Bloemfontein: