Navo sê Bakhmut kan binne dae onder Russiese beheer wees

Die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie waarsku die Oekraïnse stad Bakhmut kan binne dae onder Rusland se beheer wees. Moskou se Wagner-huursoldaatgroep het gister beweer hulle het die oostelike deel van die stad ingeneem, maar Oekraïne ontken dit. Die hewige gevegte rondom Bakhmut is van die langdurigste en bloedigste sedert Rusland se inval meer as ‘n jaar gelede. NAVO se sekretaris-generaal, Jens Stoltenberg, sê Moskou het groot verliese gelei, maar kan nie onderskat word nie: