Ronan Keating en Gary Player samel geld in vir kinders in nood

Die musiek-ikoon, Ronan Keating, gholf-legende, Gary Player en die welvaartbestuurs-maatskappy, Citadel het 2,1 miljoen Suid-Afrikaanse rand ingesamel wat Suid-Afrikaanse kinders in nood sal bevoordeel. Die geld is ingesamel tydens ‘n jaarlikse liefdadigheids-galadinee wat deur Citadel aangebied is, met die Rooi Kruis Oorlogsgedenk-kinderhospitaal in Kaapstad en die Pre-Primêre Skool Blair Atholl in Johannesburg as die begunstigdes. Citadel se hoof van filantropie, Jean de Villiers, beklemtoon hoe belangrik dit is om gesamentlik ‘n verskil te maak.